19 February 2007

14 February 2007

Ouma-Tannie Karin verjaar!!!!

Vandag verjaar Ouma-Tannie Karin. Sy is ouma se sussie en bly in die Kaap. Geluk Ouma-Tannie!!!


Ons is vandag ook na Tannie Andrea se huis toe vir die Mommy-groepie. Kyk net hoe lekker swem ons almal!!!






13 February 2007

Swem lesse

Ek is vandag vir my eerste swem les!!! Dit was so baie lekker ek kon net nie genoeg kry nie. Mamma kon ongelukkig nie fotos neem nie :( Na die klassie het ek sommer in die kar aan die slaap geraak en nie eers wakker geword toe mamma my uithaal nie....ek kan nie wag vir volgende week nie...

12 February 2007

Sel Groep

Mamma en Pappa hou selgroep saam met Tannie Hilda en Annarie. Hier lag ek te lekker terwyl ek eintlik moet slaap....he he

11 February 2007

Ek het my eerste kunswerk gedoen. Mamma het net swart en oranje kryte gehad, maar dit het die ding gedoen. Toe ons gaan bad het Mamma my krulle ge-herstilleer....he he!!!!



10 February 2007

Mamma en Pappa verkoop Worsrolletjies

Mamma en Pappa het vandag die eerste keer vir Oom Wytjie uitgehelp om worsrolletjies te verkoop!!! Kyk net hoe lekker smul hulle eerste klient aan dit.
Ek het by tannie Magriet gaan kuier vir die dag en toe eet ons ook sommer daar!!!
Dankie Tannnie Magriet en Oom Stefan!!!!





08 February 2007

Ek het 'n Tand!!!

Die PAFT (Parents as first Teachers)Tannie het weer vandag kom kuier, ek hou daarvan as sy virmy stories lees!!!


Ek het vandag my eerste Tand gesny. Mamma het vir Oumas en Oupas laat weet. Hulle was sommer baie bly om dit te hoor!!!

07 February 2007

Mommy Group!!

Kyk net hoe groot het die babas geword. Ons speel so lekker met mekaar se speelgoed en ek geniet die maatjies vreeslik. Ek seil te lekker rond!!




04 February 2007

Geluk Madilen en Elizna!!!

Vandag verjaar my twee niggies, Madilen en Elizna!!!! Hulle bly in SA.
Ons is vanoggend kerk toe, ek het te lekker in Pappa se arms geslaap.



03 February 2007

My stoeltjie word omgedraai!!

Vandag het pappa my stoeltjie omgedraai dat ek vorentoe kan kyk. Hy se ek is nou te lank en groot om nog agtertoe te sit. Ek is nogals bly want ek is al moeg na die sitplek gekyk.



Oppad na Tannie Magriet-hulle toe het ek vir Pappa gewys my stoeltjie is perfek!!!!