16 December 2007

Lake Karapiro

Ons is vandag Lake Karapiro toe saam met Oom Johan en Tannie Mieke. Ons het lekker gaan piekniek hou en Mamma het hulle Jetski uit probeer.



Posted by Picasa

14 December 2007

Lily se 21st!

Ons is vannaand na Tannie Lily se 21ste Verjaarsdag toe. Ons moes 70's aantrek. Tannie Mieke en Oom Johan was ook daar. Lyk ek nie te mooi met Tannie Mieke se hoed nie?



Posted by Picasa

13 December 2007

Partytjie by die skool!

Vanoggend het Kersvader vroeg 'n aflewering gemaak want daar was 'n mooi rooi tafeltjie in die sitkamer toe ek wakker word. Ek het dit die hele huis vol gedra en daarop geklim! Dankie Kersvader!
Ons is ook vandag na die skool toe. Toe is Kersvader weer daar...ek dink hy volg my....
Dit was baie lekker met al my skool maatjies daar!



Posted by Picasa

12 December 2007

Ek wys Mamma hoe om vloer te was!

Mamma was besig om die vloer te was met haar emmer, toe wou ek ook help. Ek het die vloer ordentelik gewas, want ek was amper 'n uur besig daarmee!
Dit was baie harde werk!!


Posted by Picasa

11 December 2007

Ons begin nuwe Tradisies!!!

Ek het vandag saam met Mamma ons eerste Advent toneel gemaak. Ons het blare gaan optel en geplak en ook die sterretjies self geverf!!
Na al ons harde werk het mamma vir ons Springmielies gemaak....dit was baie lekker!

Posted by Picasa

03 December 2007

Tannie Magriet -hulle kry hulle Burgerskap!!

Vanoggend het mamma my in die badkamer kassie gekry...toe se sy ek kan maar met haar lipstiffie teken!!
Ons is vannaand na Oom Stefan hulle se burgerskap seremonie toe...hulle is nou regte Kiwi's!!!



Posted by Picasa

02 December 2007

Kyk net hoe het ek gegroei!!

Kyk net hoe het ek gegroei...hier het ek weer vir Oulaas Pappa se ou hempie aan!


Posted by Picasa

01 December 2007

Immigrante Dans!!!

Ons is vandag by die immigrante dans! Dit was so lekker ek wou net nie ophou dans nie.....



Posted by Picasa

Mamma sny my Hare!!

Ja hier is die laaste foto van my met my lang hare....

Hier is ek nou nadat Mamma my hare gesny het op Pappa se skoot!

Ons is later vandag na die immigrante braai toe...




Posted by Picasa