14 February 2008

Valentyns Dag

Dit is vandag valentyns dag gewees. Ek en Mamma het Pappa gaan verras by die werk met lekker Koffie en broodjies.
Ek was nie baie lus vir my marmite broodjies nie toe voer ek dit maar vir die Duckies!!


Posted by Picasa

Charlene kom Kuier!

Vandag het Tannie Janine en Charlene vir ons kom kuier. Charlene hou so daarvan om aan my boekie te kou. Ek het darem nie te veel omgegee nie. Hieronder is 'n foto van Mamma. Pappa se sy lyk te mooi met haar magie...he he he!

Posted by Picasa

Tannie Val kom weer!

Tannie Val was vandag weer by Mamma en ons het lekker na die "Korreltjie" se hartklop geluister. Tannie Val se die baba groei sommmer baie mooi! Pappa het vir ons weer Vis en Chips gekry want dit is al laat gewees toe Tannie Val eers ry.
Mmmm.... Tamatiesous!!!


Posted by Picasa

Xander kom loer in!!!

Vanoggend het ek te lekker met my klei gespeel. Al my Anmal (Animals) pas daarop!!!
Later het Xander, Tannie Zonia en Oom Hanro by ons kom kuier. Oom Hanro en Tannie Zonia is sommer baie sterk en het met my en Xander gelyk gespeel. Mamma was ook baie opgewonde want sy het haar eerste brood kon bak, al was dit bietjie te sout...



Posted by Picasa

Xander Verjaar!!!

Vandag was Xander se verjaardag! Ek was so bly want ons is Waterworld toe vir die partytjie. Daar was so baie maatjies om mee te speel en Tannie Zonia en Oom Hanro het so baie moeite gedoen met die kossies..ek het selfs twee stukkies koek gehad!!! Dit was baie lekker. Xander het so baie mooi geskenke gekry! Toe ons by die huis kom het Pappa vir my Roomys gegee! Dit was sooo lekker!!



Posted by Picasa

"Weer, Weer!"

Vandag het ek en Pappa van die stoepie af gespring. Pappa het moeg geword maar ek wou he hy moet weer spring toe trek ek hom op...
Oom John T het ook vir ons 'n groot geskenkie kom aflaai!! 'n "Aircon" sodat mamma nie so warm sal kry in die somer nie.
Hy se ons kan dit leen tot die somer verby is...jippee!!!



Posted by Picasa

Lekker vis en chips!!

Dit is altyd so lekker as ons vis en chips eet. Ek is mal oor tamatie sous en kan nie wag om die eerste chippie uit die pak te eet nie.
Mamma se ook dit is die enigste keer wat ons voor die TV mag eet...ek is mal daaroor!!!


Posted by Picasa

Mamma dink ek is reg vir 'n Boetie/Sussie!!

Tannie Heste het vandag vir Adrian gebring om by my te kom kuier. Mamma se sy dink ek is dalk nou reg vir 'n boetie of 'n sussie?



Posted by Picasa

Pappa se beurt!!


Posted by Picasa

13 February 2008

Groot meneer!

Ek wou met alle mag en mening vanoggend Pappa se kouse en skoene dra!!
Mamma moes dit tot onder my bobene optrek..he he he!



Posted by Picasa

12 February 2008

Adrian kom Kuier!

Wie se maats kan nie alles saam doen nie...Ons speel lekker, eet lekker, bad lekker en slaap lekker saam...




Posted by Picasa

Lughawe Toe!

Ons is saam lughawe toe om te gaan totsiens se aan ons Botha-familie...ons gaan julle baie mis!
Hoop julle kuier sommer baie lekker daar in die verte!


Posted by Picasa