Hier het Ruben op die bank aan die slaap geraak met sy bottel in sy mond. Hy het toe nog nie eens begin drink nie. Dis darem harde werk om 'n Ouboet te wees...
Ruben kan nie wag om saam met Jacques op die bank te gaan le nie. Hy oorlaai hom met soene en drukkies en maak ook so nou en dan seker dat sy proppie nog in is... Hy is 'n goeie Ouboet!!!
Ruben het vandag kom vra of hy mag rosyne kry. Hy het self 'n bakkie gaan uithaal en die rosyne-pakkie vir my gebring om vir hom in te gooi. Hy praat so mooi duidelik...ons geniet dit vreeslik baie!!!
Val het kom kuier en vir Jacques kom weeg...sy se hy tel goed gewig op. Ruben het later besluit om bietjie te kyk of hy nog in 'n Capsule kan pas...ons het so lekker gelag!!!