13 July 2007

12 July 2007

Ons pragtige suurlemoene!!

Ek het vandag uitgevind dat ons boom balle groei...Dit ruik nogals lekker ook!!!



Posted by Picasa

10 July 2007

Hey You!!!

Is ek nie te oulik nie???? Pappa het die lekkerste franse braaibrood gemaak vir ontbyt vanoggend. Dit was baie lekker!!!!
Posted by Picasa

08 July 2007

Ek speel lekker saam met Pappa!!!

Ek en Pappa het so lekker gespeel! Ek was poegaai na die groot, lekker dag.



Ons word voorgestel!



Ons, dis nou ek en Xander is vandag in die Kerk voorgestel as dooplidmate. Dit was baie spesiaal. Mamma het melktertjies gemaak vir dit tee daarna en Tannie Zonia het kolwyntjies gemaak.
Na kerk het ons die eende gaan voer maar ek het aan die slaap geraak in die waentjie. Pappa het toe meeste van die voer-werk gedoen. Toe ek wakker word was ons by die parkie en ek het so lekker op die glyplank gespeel!!!

07 July 2007

Ek speel lekker!!

Ek het so lekker met Tannies Hilda en Annarie gespeel en ook kaste reggepak! Dis net jammer die kaste is so diep!!!


Posted by Picasa

Verrassings ete vir Oom Hanro

Ons het vandag 'n verrassingsete vir Oom Hanro gehad. Hy was baie verras en ons het dit baie geniet!!!
Daarna het Tannie Annarie-hulle by ons geeet en ek is weer sommer baie vroeg bed toe.
Posted by Picasa

06 July 2007

Tannie Jackie en Oom Leon verjaar vandag!!!

Baie geluk Oom, Tannie!!! Ons dink aan julle so oor die water!!!

My heel gunsteling speelding!!!

Ek het vandag self probeer om my skoen aan te trek....daarna het ek met my gunsteling speelding gespeel.
Dit was so 'n dol dag ek het sommer met my bottel aan die slaap geraak.



Posted by Picasa

05 July 2007

Ek was die yskas...

Vandag het ek gehelp om die kombuis skoon te maak. Mamma het die vloere gedoen en ek die yskas!!!
Mamma het vir Pappa vertel en hy het gese ek is sommer baie fluks!!!

Posted by Picasa

04 July 2007

Teken!!

Ek het vandag besluit om vir mamma in haar resepte boek te teken wat ek vir aandete wil he....sy se sy sal eers moet kyk of sy al die bestandele het...he he



Posted by Picasa

03 July 2007

Winter!!!

Dit is nou al lekker winter... Mamma het my vanoggend lekker warm aangetrek oppad skool toe. My skool is mos net twee blokke weg van ons af so ons het lekker gestap!!! Ek het dit so geniet om al die voeltjies te hoor!!!
Posted by Picasa

02 July 2007

Ek word 'n Pro...

Kyk net hoe oulik is ek al met die asma pompie van my!!!

Ons gaan kuier in Cambridge!!!

Ek en Mamma het vandag vir Xander en Tannie Zonia in Cambridge gaan kuier. Ek het so lekker gespeel met Xander! Ons het mekaar in die gang rond gejaag en hy het nie omgegee dat ek met sy blokkies speel nie. Ons het net so lekker geeet! Oppad huistoe het ek sommer omgekap van moegheid.
Posted by Picasa