25 October 2007

Feestyd!!

Ek het so lekker in die kombuis gespeel met die streamers wat mamma uitgehaal het.


Posted by Picasa

Handjies klap, Koekkies bak....

Ek het vandag so lekker in die meel gespeel in die tuin, later het ek sommer met Pappa se emmer en kar borsel gespeel! Ek het dit so geniet om weer die son te sien!!!!

Posted by Picasa
As Boetie Bad!!!!! Ek het vir Mamma so lekker nat gespat, kyk net hoe lekker lag ek uit my magie uit!!! Mamma het dit ook vreeslik geniet!!!


Posted by Picasa

24 October 2007

Charlene kom kuier!

Tannie Janine het vir Charlene oorgebring om vir ons te kom kuier. Kyk net hoe mooi is sy!!!


Posted by Picasa

20 October 2007

Go Bokkies!!!!

Go Bokke!!! Kyk net hoe mooi is ek aangetrek!!! Ons is na Tannie Heste-hulle toe om die Finaal te gaan kyk! Pappa-hulle is so bly dat die Bokke gewen het. Kyk Chante en Ruhan is ook mooi aangetrek!!!



Posted by Picasa

19 October 2007

Ek help met Charlene!

Charlene was vanoggend weer by ons. Ek hou so baie van haar ek wil net drukkies uit deel. Ek het ook vir Mamma gehelp om vir haar, haar bottel te gee. Tannie Heste het later kom kuier en vir ons kolwynties saam gebring....dit was soooooo lekker! Dankie Tannie Heste!!!



Posted by Picasa

17 October 2007

Weer Winter?

Ons het vandag gou saam met Pappa gery, maar dit was so koud buite dat Mamma my weer moes aantrek of dit diep winter is!!!

Posted by Picasa

15 October 2007

13 October 2007

My Nuwe skoene?

Mamma het vir my vanoggend nuwe skoene gemaak....Ek het so lekker daarmee gespeel!!! Later is Mamma bietjie aleen dorp toe saam met Tannie Sandra en ek en Pappa het dit so geniet by die huis!!!! Kyk net hoe lekker lees ek...



Posted by Picasa

12 October 2007

Ek toets net!!

Ek het vandag vir Mamma gehelp kamer opruim. Maar het bietjie vasgehaak by Pappa se skoene...dit pas nog nie...meskien more?

Posted by Picasa

06 October 2007

Pannekoek dag!!!

Pappa is vandag saam met Oom Hanro na Promise Keepers kamp toe. Ek en Mamma het by Tannie Zonia gaan pannekoek eet!! Dit was baie lekker. Tannie Hilda , Tannie Annarie en Tannie Heste was ook daar. Ek en Xander het baie lekker gespeel. En Adriaan het bietjie by die tannies gebly....een van die dae sal hy saam met ons rond hardloop!!!



Posted by Picasa

Nanna verjaar!!

Baie geluk Tannie - Nanna!!!! Hoop dit was 'n heerlike dag!!

04 October 2007

Ek e-mail!!

Mamma het my gevang waar ek besig was om vir my Oumas skryf....hehe
Posted by Picasa

02 October 2007

My huur-glyplank!

Mamma het vir my die glyplank by die biblioteek gaan uitneem. Ek het sommer gou gou self opgklim en afgegly....Ons wens net die weer wil beter raak dat ons buite kan speel!!!

Posted by Picasa

01 October 2007

Oom Stefan Verjaar!

Baie geluk met Oom se verjaarsdag!!!

Ons kuier by Oom Stefan!

Ons het vandag by Tannie Magriet hulle gaan kuier want dit is Oom Stefan se verjaardag!! Ek het te lekker in die kombuis gespeel.


Posted by Picasa