24 January 2009

Ruben en Mamma-tyd!

Net Ek en Mamma is vanoggend Lake toe. Ons het daar Piekniek gehou en die Duckies gaan voer!
Dit was bietjie lekker net ons twee!



Posted by Picasa

16 January 2009

15 January 2009

Ons geniet die sonskyn!

Mamma het vandag vir ons 'n sakkie gepak met lekker broodjies en koeldrank in, ek het dit met 'n bersie op my fietsie gelaai. Nou is ons reg vir 'n piekniek! Jacques het op Mamma se rug gery in die rugsak. Ons het na die bowling klub toe gestap waar Mamma my stories vertel het en ons sommer net lekker gekuier het!
Boeta het dit ook geniet om alles te sien wat ek vir hom gewys het...hy het sommer uit sy magie gelag!!



12 January 2009

Ons Shipping het gekom!

Hier is dit nou! Uiteindelik is al ons goedjies onder een dak.... Ruben was so opgewonde oor die tafeltjie en stoeltjies hy het sommer gebid en dankie gese vir al die geskenke...
"Liewe Jesus...dankie vi die tafeltjie en stoeltjies vi Boeta en vi Luben en die ou fietsie en die goeters en vi Mamma en vi Pappa en vi Boeta en vi Luben en Amen."
Al wat ek kon doen is om te se "AMEN!"
Baie dankie aan die familie wat ons gehelp het om alles aan die kant te kry!
Baie dankie vir die ekstra geskenkies so tussen in....



10 January 2009

Ons Braai by Tannie Jossette-hulle

Kyk net hoe lekker dans ek saam met die Girls!!! Ons was so vlou ek het sommer huis toe aan die slaap geraak!


Posted by Picasa

06 January 2009

Ruben begin by Elim Skool!

Mamma, Pappa en Boeta is vandag saam na my nuwe skool toe! Ek speel so lekker in die Karretjies wat hulle het.
Ek glo ek sal gelukkig wees hier!!!



Posted by Picasa

05 January 2009

Ruben Graduate!

Ja, ons Ruben is van vandag af heeltamal van doeke af! Hy slaap selfs met sy "Pikkewyne"...!
Ons het 'n seremonie gehou vir die Groot Seun van ons!

Posted by Picasa

03 January 2009

Ayana word 2!

Kyk net hoe lyk ons twee mannetjies in Afrika!!! Ja, hulle het lekker storie geluister wat Tannie Jossette vir hulle vertel het van Zazza-Zebra, Kareltjie-Kameelperd, Bertus-Olifant. Dit was baie lekker by al die maatjies!
Geluk Ayana!



Posted by Picasa

'n Lekker dag in Raglan

Ons, Annarie, Hilda, Rob, die Fouries en die Maritze is na Raglan toe vir die dag gewees. Die kinders het hulle-self poegaai gespeel op die strand. Ons het ons magies gaan opvul by 'n plekkie in die dorpie. Daarna is ons na bridal falls toe en toe later het ons net gaan koffie drink by Hes-hulle se huis. Sy het toe sommer vir ons Nachos ook gemaak....dankie Hes!!!!
Die seuns was almal so moeg na die lang dag en ek glo hulle het almal sommer baie lekker geslaap na die seelug!



Posted by Picasa

01 January 2009

Ruben maak 'n plan...

Ons is by die parkie gewees. Ruben wou graag van die water by die fontein drink. Na 'n lang gespook het hy met 'n nuwe plannetjie gekom en 'n glasie kom haal. Ek neem aan die water was nie baie lekker nie want hy het dit toe met die voeltjies gedeel!

Posted by Picasa