10 January 2007

10 Januarie 07 / 10 January 07

Pappa en Mamma het my vanaand na die swembad toe gevat. Dit was so lekker om te swem op die warm dag!!! Dit was die eerste keer wat ek in 'n groot swembad geswem het!!!


Ek het vanoggend so lekker met my karre gespeel in my kamer. Ek het al agter dit aan geseil...



06 January 2007

Bad tyd!!!

Tannie Zonia-hulle het by ons kom kuier vannaand. Toe het ek en Xander sommer saam gebad.
Dit was lekker om vir my maatjie my speelgoed te wys...



02 January 2007

Ouma Trui verjaar en ons hou Piekniek!!

Ouma Trui het vandag verjaar toe het ons haar vannaand gebel!
Ons het vandag by die Tuine gaan piekniek hou. Dit was so lekker!!! Ek het vir Pappa alles gelees oor die Noord-eiland en selfs die prentjies vir Pappa gewys. Pappa het ook die boom gekies waaronder ons gesit het. Is dit nie mooi nie??




01 January 2007

Welkom by 2007!!!/ Welcome to 2007!!!

Ons is nuwejaar oggend na Tannie Magriet-Hulle toe vir 'n heerlike ontbyt. Daarna het my maatjie Xander kom kuier....dit was so lekker om hulle by ons te he. Kyk net hoe mooi groot het hy ook geword.


31 December 2006

31 Desember 2006 / 31 December 2006

Ons is vanoggend na ontbyt na Waihi toe saam met Tannie Hilda en Annarie. Dit het ongelukkig gereen toe ons daar aangekom het. Toe het ons maar in die motor gesit en lekker vir en chips eet. Ek het ook so twee chippies geeet...Lekker!!!
Kyk net hoe mooi!!!




25 December 2006

Kersfees-oggend / Christmas morning

Dis Kersfees!!! Mamma en Pappa het gese ek kan na my oggend bottel my geskenke oop maak!!!
So baie geskenke van al die familie in SA en ook Liewe mense in NZ.
Mamma en Pappa het ook iets in die Kers-kous gekry. Kyk net!!!







24 December 2006

24 Desember 2006/ 24 December 2006

Ons het 'n vreeslike feestelike dag by die Tannie Magriet en Oom Stefan gehad!!! Kyk net hoe mooi het alles gelyk!!





22 December 2006

Kersboom

Ons was by die Kersboom by Pappa se werk. Kersvader het vir my die oulike boks gebring...O, en daar was 'n bal in!!!
Ek het vreeslik lekker gespeel!!!!








20 December 2006

Welkom Luke van Vlaanderen!!!

Ouma Nita het vir ons 'n foto gestuur van Tannie Lindie en oom David se nuwe kleinding. Sy boetie se naam is Reece. Mamma het my mooi verduidelik dat Tannie Lindie haar niggie is...

17 December 2006

17 Desember 2006 /17 December 2006

Wat 'n lekker dag!!!!Dit was my eerste dag by die see!!!
Ons het lekker vis en tjips geeet op die strand. Pappa het met my in die water gespeel en mamma het met my in die sand gespeel. Die sand proe nogals snaaks...
Dit was baie lekker!!!