02 June 2007

Opruim tyd!!!

Ek en pappa het besluit om onder die tafel met my speelgoed te speel...Dit was baie lekker!! Daarna het mamma vir my 'n bottie gemaak sodat ek kan gaan slaap!!!

Kyk net hoe lekker speel ek met al my nuwe bad speelgoed!!!

Posted by Picasa

Nog partytjie fotos

Ons het so lekker gekuier, gespeel en gelag!!! Kyk net....



Posted by Picasa

Geskenke tyd!!

Ek het so baie geskenke van almal gekry. Ek het nie geweet waarmee om eerste te speel nie!!!
Baie dankie, dit is alles vreeslik mooi!!!


Pappa het die telefoon vir my gekoop en ek het sommer dadelik met iemand begin praat!!!
Posted by Picasa

Kyk net al die mense!!

Mamma se dat al die mense het net vir my kom kuier!!! Sjoe maar ek is gelukkig!!!



Posted by Picasa

Ons eet baie lekker.

Ons eet baie lekker... Ek en Xander het eerste kossies gekry!!
Kyk net my mooi kameelperd koek!!!
Mamma help om my kersies uit te blaas!!
Hier eet ek te lekker aan my kowyntjie. Xander hou ook daarvan!!
Posted by Picasa

Ek is vandag 1jaar oud!!!!

Vandag is ek 'n hele jaar oud!!!
Kyk mamma hulle maak reg vir my partytjie....en ek speel te lekker met die balonne!!!



Posted by Picasa

Ek verjaar more!!!

Tannie Hilda het vir mamma gehelp om reg te maak vir my verjaarsdag-partytjie. Kyk net hoe lyk die koek...
Dankie tannie Hilda!!!

Posted by Picasa

30 May 2007

Tannie Annarie verjaar vandag!!!!

Tannie Annarie verjaar vandag, baie geluk tannie!!!!
Ek speel lekker in die blare terwyl mamma die askan sakke uitsit.

Posted by Picasa

27 May 2007

Oom Deon en Oom Johan het kom Kuier!!!!

Ja, ek belowe!!! Oom Deon en Oom Johan het kom kuier vir ons hier in NZ. Ons het hulle by Pappa se werk gekry. Hulle het ons kom verras. Pappa was vreeslik bly omdat hy hom so lanklaas gesien het. Oom Deon het vir my drie truitjies, 'n boekie vir my verjaarsdag, en 'n DVD van Ouma Trui-hulle af gebring!!! Baie dankie Ouma Trui!!!!
Ek het dadelik die DVD gaan kyk by die huis....kyk net hoe geniet ek dit!!!


Posted by Picasa

My eerste pannekoek!!

Mamma het vir ons Pannekoek gebak. Dit is die eerste keer wat ek dit eet. Ek het van dit in my hare gekry, toe moes ek gaan bad!!!


Posted by Picasa

Pappa is nog 'n dag by die huis....

Pappa is nog 'n dag hier by die huis. Ek is so bly, maar pappa is baie siek. Ek ook.



Posted by Picasa

24 May 2007

Lekker by Pappa.

Mamma en pappa het nie lekker gevoel gister aand nie. Ek het elke uur gister aand wakker geword om vir hulle drukkies te gee sodat hulle moet beter voel.
Vanoggend was so lekker by Pappa, die dokter het gese hy moet gister, vandag en more by die huis bly sodat ek hom kan oppas.

23 May 2007

Ek voel regtig baie siek!!!

Ek wou vandag net heeldag in die arms wees. Ek voel regtig siekerig. Later het ek begin beter voel en het ek vir mamma en pappa 'n storie gelees op die bank.




Posted by Picasa