09 April 2008

Ena se partytjie!

Ena het vandag haar verjaardag partytjie gehad by Lollipops. Sy het 'n baie spesiale stoel gehad om op te sit en die Lollipops Kat het vir haar 'n geskenkie gebring!
Ek het nie op my laat wag nie en toe mamma weer kyk het ek sommer die ander spesiale stoel nader getrek en langs haar gaan sit. Mamma moes mooi verduidelik... en ek het sommer baie beter gevoel toe ek later kon gaan speel by die klimrame.
Dit was 'n lekker partytjie en ons was die laaste om te gaan...ek het so lekker met Pappa gespeel toe hy ons kom haal het!!!!



Posted by Picasa

Ons gaan kuier by Tannie Zonia!

Ons het saam met Tannie Heste-hulle by Tannie Zonia in Cambridge gaan kuier vandag! Dit was so baie pret. Sy het vir ons die lekkerste muffins gegee om te eet en daarna is ons parkie toe. Ons het so lekker saam met Candy-hullle hond- gespeel....ek is maar nog skrikkerig vir haar...
Dit was 'n baie lekker dag!!!



Posted by Picasa

My Botha Tannies kom kuier!!

Ek het vandag vir Tannie Hilda en Tannie Annarie gaan wys hoe lekker groei Mamma se "Kniel-Bossie"!
Ek hou so daarvan om met hulle te gesels!!!



Posted by Picasa

Mams en Bubs groepie!

Vandag was die eerste Mams en Bubs groepie vir Afrikaanse mense.... mamma was baie opgewonde hieroor!! Daar was sommer baie mammas en kinders. Almal het lekker gekuier en is baie opgewonde vir die volgende byeenkoms!

Posted by Picasa

Ek wil skool toe!!!

Ek was so gretig om vanoggend skool toe te gaan dat ek sommer my hemp aan die ontbyt tafel uit wou trek. Mamma het gese ek moet maar nog my hempie aanhou en dat ek later self my klere mag uit en aan trek...


Posted by Picasa

Lekker grond!

Hier het Mamma vir my plantjies gegee wat in die koue gevrek het. Sy het gese ek kan maar daarmee speel en 'n tuintjie maak. Sy het ongelukkig nie fotos geneem van After nie, maar ek moet se die vuil word was baie pret!!!



Posted by Picasa

Laaste swem voor die Winter!!!

Hier is ons weer by 'n Kiwi-bymekaar kom. Ons het so lekker geswem by Tannie Rebeckah se huis. Mamma se sy kan nie glo dat ons almal al so groot is nie!!!


Posted by Picasa

Mamma maak olie-bolle!

Mamma was weer in 'n bak-bui en het vir ons lekker olie-bolle gemaak! Ek het dit vreeslik geniet en het sommer twee geeet...


Posted by Picasa

Reg vir kerk!

Ons is vandag kerk toe en ek kon nie wag dat Pappa my moet wys hoe hy sy das vou nie.... Na kerk het ons so lekker gaan slaap en ek het te lekker met Pappa se stewels rond geloop...hulle pas al amper!!!


Posted by Picasa

Ek "Tag" ons stoepie!

Mamma het vir my sulke lekker kryte gegee om mee te speel terwyl sy die rekenaar opkoppel... Kyk net die lekker tyd wat ek gehad het!



Posted by Picasa

Die Rekenaar tafel.

Mamma en Pappa het vir ons 'n kabinet gekoop op Trademe vir ons Rekenaar. Hulle het dit mooi geverf en nou kan ons sonder te veel moeite by die tafel sit en kuier sonder om die rekenaar weg te vat!!! Mamma is baie bly hieroor!

Posted by Picasa

Lekker by Lollipops!!

Ons is hier na Lollipops toe gewees saam met ons Kiwi - groepie! Ek geniet dit nou meer as ooit!
Posted by Picasa

14 February 2008

Valentyns Dag

Dit is vandag valentyns dag gewees. Ek en Mamma het Pappa gaan verras by die werk met lekker Koffie en broodjies.
Ek was nie baie lus vir my marmite broodjies nie toe voer ek dit maar vir die Duckies!!


Posted by Picasa