10 June 2008

Ek en Pappa was Kar!!

Mamma het gister vir my 'n nuwe Reenjas gekoop...
Kyk net hoe lekker werk dit vir Kar was!!!

Ja ons he die dak ook mooi gewas! Ek en Pappa maak 'n baie goeie span.


Posted by Picasa

Ante-Natal Group turns 2!!!

Ja, hier is ons almal met ons Pappas!!!
Ons het te veel gewoel toe besluit ons dat ons Pappas maar moet saam sit vir 'n foto...he he he!!!

Posted by Picasa

10 Mei 2008

Lekker pret met die Kamera!!!

Posted by Picasa

08 May 2008

Lekker kuier na Kerk!

Tannie Zonia, Oom Hanro en Xander het vandag by ons kom tee drink. Hulle het lekker Jester's pies saamgebring...dit was baie lekker!
Hier sit Tannie Zonia by ons en sing The Wheels on the Bus...
Dit was baie lekker!!!
Posted by Picasa

Die wiegie is kant en klaar!!!

Mamma het vandag die laaste goedjies aan die wiegie gedoen...Kyk net hoe mooi lyk dit nou!!
Pappa het dit in die sitkamer ingedra ons sal dit more na die kamer toe skuif!!

Posted by Picasa

Ooievaar Tee vir Mamma!

Mamma is vandag na die Mams en Babs groepie toe...sy is daar vriendelik verras met 'n Ooievaar Tee wat hulle vir haar gereel het!
Sy het sulke mooi goedjies vir Korreltjie gekry en die Tannies het selfs vir my ook geskenkies saamgestuur.
Mamma se dit was vir haar baie spesiaal!!!

Posted by Picasa

Handy Manny!

Vandag het ek 'n hammertjie en 'n hardehoed by Tannie Hesté gekry. Ek wou sommer dadelik alles in die huis mooi regmaak!!!



Posted by Picasa

Baby on Board!!

Posted by Picasa

My Nuwe Bersie!

Mamma het vandag my Bersie klaar gemaak. Ek hou baie daarvan en het sommer dadelik onder dit wou sit! Dankie Mamma!

Posted by Picasa

Die "babatjie" se Wiegie.

Dit was baie koud vandag. Mamma en Pappa het vandag die wiegie klaar afgeskuur sodat ons dit kan vernis. Ek het so mooi gehelp met my skuurdertjie! (Dit werk nogals mooi vir 'n foon ook) hehehe!



Posted by Picasa

My Hondjie Japon...

Kyk net hoe mooi!!! Ek maak of ek 'n puppy is as ek die japon aan het. Tannie Hilda-hulle het dit vir my van SA saamgebring. Ek is mal oor die ore wat heen en weer swaai. Mamma het dit vannaand vir my aangetrek toe ek saam met Tannie Annarie wou gaan sterretjies kyk.
O, en ek moes my slippertjies oor aantrek - dit het'n brandweerwa op!


Posted by Picasa

Ons eet Rice Crispies!!!

Ek het vanoggend my eerste Rice Crispies geeet...dit was die aardigste ding toe die pap so 'n crackle geluid maak! Ek wou net aanhou melk ingooi maar Mamma het gese die bordjie is nou so bietjie vol, en dat ek more weer dit kan doen...
Posted by Picasa

Besige Sondag!!

Tannie Maggie en Oom Koos het vandag vir klein Heidi gedoop... sy is nog baie klein...
Later het oom Jonty vir my 'n bal gebring en dit opgepomp - ek kan nog nie mooi op dit spring nie maar as Mamma my vashou dat Boing ek lekker!!!
Pappa het ook vir my bokse van die werk aangebring. Toe bou hy en Mamma vir my tonnels en huisies daarmee. Ek wou nie ophou speel nie!!! Mamma het lekker gelag want die hele sitkamer was vol bokse!!!



Posted by Picasa

Ek en My Teddies!

Ek is so lief daarvoor om met my Teddies te speel...hulle moet oral saam gaan...kyk net!!!



Posted by Picasa

13 April 2008

Balloons over Waikato!

Ek, Mamma, Pappa, Tannie Hilda, Tannie Annarie en Oom John T was vandag na die balonne toe. Dit was vreeslik lekker. Ons het sommer vroeg opgestaan en gaan kyk hoe hulle die balonne opblaas en hulle het selfs vir my ook 'n balon gekoop!!
Mamma het vir ons Muffins en Koffie gepak...te lekker!

Posted by Picasa