10 January 2009

Ons Braai by Tannie Jossette-hulle

Kyk net hoe lekker dans ek saam met die Girls!!! Ons was so vlou ek het sommer huis toe aan die slaap geraak!


Posted by Picasa

06 January 2009

Ruben begin by Elim Skool!

Mamma, Pappa en Boeta is vandag saam na my nuwe skool toe! Ek speel so lekker in die Karretjies wat hulle het.
Ek glo ek sal gelukkig wees hier!!!



Posted by Picasa

05 January 2009

Ruben Graduate!

Ja, ons Ruben is van vandag af heeltamal van doeke af! Hy slaap selfs met sy "Pikkewyne"...!
Ons het 'n seremonie gehou vir die Groot Seun van ons!

Posted by Picasa

03 January 2009

Ayana word 2!

Kyk net hoe lyk ons twee mannetjies in Afrika!!! Ja, hulle het lekker storie geluister wat Tannie Jossette vir hulle vertel het van Zazza-Zebra, Kareltjie-Kameelperd, Bertus-Olifant. Dit was baie lekker by al die maatjies!
Geluk Ayana!



Posted by Picasa

'n Lekker dag in Raglan

Ons, Annarie, Hilda, Rob, die Fouries en die Maritze is na Raglan toe vir die dag gewees. Die kinders het hulle-self poegaai gespeel op die strand. Ons het ons magies gaan opvul by 'n plekkie in die dorpie. Daarna is ons na bridal falls toe en toe later het ons net gaan koffie drink by Hes-hulle se huis. Sy het toe sommer vir ons Nachos ook gemaak....dankie Hes!!!!
Die seuns was almal so moeg na die lang dag en ek glo hulle het almal sommer baie lekker geslaap na die seelug!



Posted by Picasa

01 January 2009

Ruben maak 'n plan...

Ons is by die parkie gewees. Ruben wou graag van die water by die fontein drink. Na 'n lang gespook het hy met 'n nuwe plannetjie gekom en 'n glasie kom haal. Ek neem aan die water was nie baie lekker nie want hy het dit toe met die voeltjies gedeel!

Posted by Picasa

31 December 2008

Oujaars dag by die Sonnendeckers!

HAPPY NEW YEAR!!!!
Wat 'n heerlike aand! Ruben wou net by Marianda sit...amazing!
Ons was daar saam met Zonia-hulle en Hilda.



Posted by Picasa

30 December 2008

Adrian kom kuier.

Pappa het vandag gewerk. Ek was so bly want Adrian-hulle het kom kuier en ons het sommer baie lekker gespeel!



Posted by Picasa

28 December 2008

Ek help gras sny.

Ek en Pappa het hier gras gesny...ek het later die blare ook opgehark.
Pappa se ek is 'n goeie helpertjie!



Posted by Picasa

Ons spring lekker!

Pappa en Boeta kyk terwyl ek en Mamma lekker spring!



Posted by Picasa