Tannie Annarie en Tannie Hilda het vandag by ons kom kuier. Ons het vir oulaas lekker saam gelag en gespeel. Tannie Annarie het ook weer vir ons, ons strotie gelees voor slaaptyd....Ons gaan haar baie mis!
Ruben en Mamma het vanoggend lekker Blueberry Roomyse gemaak...Ruben kon nie wag om dit mer Jacqie te deel nie. Toe Jacqie by die huis kom het hulle twee gespeel vir 'n rukkie en toe is dit tyd om die lekker goed uit te probeer.... Yummmm....
Jacques het vandag die behoefte gehad om te "explore". Net jammer die stoel was binne bereik, om by die tv kas by te kom, om die laai oop te trek, en die filt-pen daar tekry terwyl mamma haar hare droog maak....
Hier speel Ruben en Jacques te lekker met die fietsies. Ruben vra gereeld dat hy 'n nuwe fiets wil he...dit staan gereed vir hom net reg vir sy verjaardag wat oppad is.
Dit is vandag Pappa se Kersboom by die werk gewees. Ons was te vroeg toe vat Mamma ons om na die Groot Kersboom in die middel van Hamilton te gaan kyk. Joe maar dit is Groot!!