29 July 2007

Ek plant Groente!!!

Mamma en Pappa het vandag gaan sand en saadjies koop. Ek het vir mamma gehelp om groente te plant!!
Dit was so lekker!!!Ek het lekker vuil geword!!!
Posted by Picasa

28 July 2007

Eendjies se beurt!!!

Mamma is ook vandag na Tannie Lizinda se ooievaars toe. Toe sy terug kom is ons rivier toe en het ek en Pappa die eende gaan voer. Ek het hulle probeer vang maar hulle was net te vinnig!!!!
Posted by Picasa

Ons voer die Voeltjies!!

Vanoggend het Pappa vir ons die lekkerste ontbyt gemaak. Ons het die korsies toe vroeg vir die voeltjies buite gevoer en binne gaan sit om te kyk hoe hulle dit eet!!! Ek is mal daaroor om met hulle te gesels!!!
Posted by Picasa

27 July 2007

Ons gaan kuier vir Pappa!!!

Wat 'n lekker dag!!! Ons het vandag vir Pappa by die werk gaan kuier toe stick hy vir my en Mamma vir koffie by Robert Harris. Mamma se skuim op haar Hot Chocolate was so lekker. Daarna het ek by die huis besluit dat die sitkamerstel se kussingsvreeslike lekker bereplek maak. En ek sit dan soos groot meneer op die kaal stoel....tog te lekker!!!

Posted by Picasa

25 July 2007

25 June 2007

Ek help mamma Koekies bak sy get iets gese van 'n suurlemoen koek....
Dit was ook so lekker om met pappa se karwas borsel te speel en 'n boks.
Gelukkig was dit 'n lekker warm dag!!!


Posted by Picasa

13 July 2007

12 July 2007

Ons pragtige suurlemoene!!

Ek het vandag uitgevind dat ons boom balle groei...Dit ruik nogals lekker ook!!!



Posted by Picasa

10 July 2007

Hey You!!!

Is ek nie te oulik nie???? Pappa het die lekkerste franse braaibrood gemaak vir ontbyt vanoggend. Dit was baie lekker!!!!
Posted by Picasa

08 July 2007

Ek speel lekker saam met Pappa!!!

Ek en Pappa het so lekker gespeel! Ek was poegaai na die groot, lekker dag.



Ons word voorgestel!



Ons, dis nou ek en Xander is vandag in die Kerk voorgestel as dooplidmate. Dit was baie spesiaal. Mamma het melktertjies gemaak vir dit tee daarna en Tannie Zonia het kolwyntjies gemaak.
Na kerk het ons die eende gaan voer maar ek het aan die slaap geraak in die waentjie. Pappa het toe meeste van die voer-werk gedoen. Toe ek wakker word was ons by die parkie en ek het so lekker op die glyplank gespeel!!!

07 July 2007

Ek speel lekker!!

Ek het so lekker met Tannies Hilda en Annarie gespeel en ook kaste reggepak! Dis net jammer die kaste is so diep!!!


Posted by Picasa