08 July 2007

Ons word voorgestel!



Ons, dis nou ek en Xander is vandag in die Kerk voorgestel as dooplidmate. Dit was baie spesiaal. Mamma het melktertjies gemaak vir dit tee daarna en Tannie Zonia het kolwyntjies gemaak.
Na kerk het ons die eende gaan voer maar ek het aan die slaap geraak in die waentjie. Pappa het toe meeste van die voer-werk gedoen. Toe ek wakker word was ons by die parkie en ek het so lekker op die glyplank gespeel!!!

No comments: