13 April 2008

Balloons over Waikato!

Ek, Mamma, Pappa, Tannie Hilda, Tannie Annarie en Oom John T was vandag na die balonne toe. Dit was vreeslik lekker. Ons het sommer vroeg opgestaan en gaan kyk hoe hulle die balonne opblaas en hulle het selfs vir my ook 'n balon gekoop!!
Mamma het vir ons Muffins en Koffie gepak...te lekker!

Posted by Picasa

09 April 2008

My Teddies!

Vandag het ek al my Teddies gaan haal om saam met my te kom bottel drink op die bank! My hande was net bietjie te klein om die kussing ook te kry toe help Mamma maar daarmee....



Posted by Picasa

Ek suig die gang!

Ek het vandag vir Mamma gehelp om "self" die gang te suig! Mamma se ek weet net hoe en dat die gang weke laas so mooi gelyk het!
Ek het toe sommer self die stofsuier uitmekaar gehaal en netjies in die kas gebere... dit was baie harde werk!!!


Posted by Picasa

My en Pappa se dag!

Mamma is vandag na die tweede Afrikaanse Mams en Bubs groepie toe....so toe kon ek en Pappa bietjie oor groot dinge gesels!!! Ek het so lekker met my trokkie gespeel nadat Pappa dit weer vir my reg gemaak het...dankie Pappa!!!



Posted by Picasa

Heidi!

Mamma en Tannie Heste is vandag na Tannie Maggie-hulle toe. Heidi is nou al drie weke oud en is te pragtig se mamma! Kyk net hoe lekker slaap sy by Tannie Maggie!!


Posted by Picasa

I'm Singing in the rain...

Dit het vandag so lekker gereen...ons het gaan pos uithaal met die groot sambreel. Ek was so opgewonde want ek kon toe daarmee speel terwyl Mamma vir ons lekker Tee maak!
Posted by Picasa

Die Wurm...

Oom Stefan hulle het vandag by ons kom kuier. Tannie Annarie het vir my 'n wurm gewys wat in die huis ingekom het. Ek wou so graag net daarmee speel maar hulle het gese dat die arme wurm sou seer kry...
Mamma het vir ons Ouma se (Skenkel) Nek-pastei gemaak...dit is mos een van Pappa se gunsteling disse!
Tannie Magriet hulle het vir my ook 'n Teddie saamgebring....Dankie Tannie!!!



Posted by Picasa

My Kamer!

Toe ek vandag by die huis kom is die Kot afgeslaan en is my speelgoed in my eie kamer gedra! Nou het ek my eie speelplekkie!!!
Te lekker!!!



Posted by Picasa

Ek Slaap oor!!!

Ek het gisteraand by Tannie Heste en Oom Dawie gaan slaap, sodat Mamma en Pappa hulle "Month-a-versary" kan vier! Hulle het gaan uiteet en het sommer net lekker ingele vanoggend.
Kyk net hoe groot raak Korreltjie al in Mamma se magie!



Posted by Picasa

Ek kry weer 'n haarsny!!

Mamma en Pappa het weer my hare gesny vandag! Kyk net hoe groot lyk ek nou....he he he!


Posted by Picasa

Tannie Mignon en Oom Christie Trou!!!

Ons was hier by Tannie Mignon en Oom Christie se troue gewees. Dit was baie mooi en Mamma het alweer gehuil!!
Later het ons lekker gespeel met al die maatjies!
Dit was regtig lekker om dit te kon bywoon!!

Mamma maak 'n vinger-kas! He he he

Ek en Mamma was net lekker silly vanoggend. Sy het vir ons 'n vinger-kas gemaak en ek kon net nie stil genoeg sit dat sy op my vinger kon teken nie...dit het te veel gekielie...he he
Later het Tannie Janine en Tannie Heste hulle kom kuier! Dit was so lekker om hulle hier te he!!!


Posted by Picasa

Lekker Roomys!


Ek en Pappa het vandag so lekker Roomys geeet. Pappa het gevra dat Mamma vir my ook 'n lepel moet bring sodat ek met Pappa kan deel!



Posted by Picasa