09 April 2008

Ena se partytjie!

Ena het vandag haar verjaardag partytjie gehad by Lollipops. Sy het 'n baie spesiale stoel gehad om op te sit en die Lollipops Kat het vir haar 'n geskenkie gebring!
Ek het nie op my laat wag nie en toe mamma weer kyk het ek sommer die ander spesiale stoel nader getrek en langs haar gaan sit. Mamma moes mooi verduidelik... en ek het sommer baie beter gevoel toe ek later kon gaan speel by die klimrame.
Dit was 'n lekker partytjie en ons was die laaste om te gaan...ek het so lekker met Pappa gespeel toe hy ons kom haal het!!!!



Posted by Picasa

No comments: