29 March 2009

Pappa se broek...

Vanoggend het ek pappa se broek aan getrek kerk toe ...jip dit was syne toe hy 'n seuntjie was! Mamma kon nie anders as om net te lag nie. Sy het gese ek lyk sommer baie pragtig....

Hier speel ek en Jacques te lekker in die bad!


Posted by Picasa

Tannie Annette Verjaar!

Tannie Annette verjaar vandag! Baie geluk Tannie!!!!

23 March 2009

"Poppe-Kas"?

Ruben en Jacques het te lekker in Ruben se kas gespeel met Pikkie en Leeu...Dit was te dierbaar hoe hulle met mekaar gesels het en so lekker saam gelag het. Hier se Ruben dat Boeta vir hom in sy huisie kom kuier het..We just Love them!!!



Posted by Picasa

20 March 2009

Vrydag-middag Kaskanades

Ruben het vandag van die badkamer se trappie afgespring en sy kop seergemaak dat dit begin bloei het. Ons is A&E toe en gelukkig was dit nie nodig vir steke nie. Ruben het gedink dit is 'n groot grappie en tog te lekker om 'n lolly te kon kry!
Hier het ons net by die huis gekom en klaar Mc Donalds geeet!


Die verband het gou afgekom en Ruben het ons gewys dat Pikkie se tande ook jeuk net soos Boeta s'n. (Dit is hoekom Pikkie sy ken kou...hehehe)
Posted by Picasa

Parkie toe!

Ons is vanoggend parkie toe, maar toe Mamma vir Jacques soek het hy in sy gunsteling speel plekkie ingeklim. Hy was sommer lekker nat! Mamma het vir Boeta skoon aangetrek en ons is toe parkie toe! Ek hou soo baie daarvan om met my fietsie te ry. Mamma se ek word nou eislik groot omdat ek al so ver kan ry!!


Posted by Picasa

19 March 2009

Ons gaan Kuier!

Ons is vandag in die kar saam met Tannie Marianda en Tahnay na Hamilton toe om vir Bianca te gaan ontmoet! Kyk net hoe is ons ingeryg!

Posted by Picasa

18 March 2009

Welkom in die Wereld klein Bianca!

Vandag is Bianca Fourie gebore, 'n pragtige sussie vir Xander!
Sy het 3.4kg geweeg by geboorte en is mooi gesond.
Baie geluk Zonia en Hanro met die klein wonderwerkie!


Posted by Picasa

15 March 2009

Ek dra Pappa se Jeans!

Vanoggend het ons so lekker gelag. Ek het Pappa se ou Jeans in die kas ontdek en besluit dit was net die broek wat ek wil kerk toe dra...niks anders nie! Ek hou van die Jeans!!!!

Posted by Picasa

14 March 2009

Tannie Zonia se Piekniek!

Tannie Zonia het vandag verjaar. Ons het soo lekker piekniek gaan hou by die Hamilton Gardens! Kyk net al die maatjies wat saam daar was!
Geluk Tannie Zonia!

Posted by Picasa

13 March 2009

Dankie Oom Werner!

Oom Werner het vir Jacqie die lekkerste Biltong-stokkies gemaak. Mamma het gese ek mag met hom deel, al is dit vir tanne wat sny.
Vandag is ook Oom Deon se Verjaarsdag! Geluk Oom!



Posted by Picasa