28 January 2009

Funny!

Ek of Gina loer elke aand by die Kinders in voor ons gaan le...dit is hoe ek toe op Ruben afkom...hy is hier vas aan die slaap
Die foto is met 'Flash' geneem...en selfs dit het hom nie wakker gemaak nie...
Posted by Picasa

27 January 2009

Lekker Poeding!

Ek het vannaand lekker Roomys vir poeding gekry. Dit het sjokelade vissies in gehad!
Boeta kan nog nie kou nie so hy het 'n Marie koekie vir sy nagereg gekry!



Posted by Picasa

26 January 2009

Ons geniet die Somer!

Vandag het daar baie mense by ons kom braai! Ons was amper 30!
Dit was soo lekker om met al die maatjies te speel. Almal het hulle eie piekniek mandjies gebring en net lekker buite gekuier. Dit was vreeslik warm, maar ek wou nie my warm top vir iets anders verruil nie en Mamma het dit maarso gelos...eers toe almal amper weg is kon sy my oorreed...
Baie dankie aan almal vir so 'n lekker kuier!!!!



Posted by Picasa

25 January 2009

Tannie Zonia se Ooievaarstee!

Tannie Mignon het vandag vir Tannie Zonia die mooiste ooievaarstee gehou, sy was baie verras!

Posted by Picasa

Laaste Cuddle voor Bed!

Ek en Boeta het altwee by Pappa gesit vannaand. Hy se hy het dit geniet om sy twee Bulletjies by hom te he!

Posted by Picasa

24 January 2009

Ruben en Mamma-tyd!

Net Ek en Mamma is vanoggend Lake toe. Ons het daar Piekniek gehou en die Duckies gaan voer!
Dit was bietjie lekker net ons twee!



Posted by Picasa

15 January 2009

Ons geniet die sonskyn!

Mamma het vandag vir ons 'n sakkie gepak met lekker broodjies en koeldrank in, ek het dit met 'n bersie op my fietsie gelaai. Nou is ons reg vir 'n piekniek! Jacques het op Mamma se rug gery in die rugsak. Ons het na die bowling klub toe gestap waar Mamma my stories vertel het en ons sommer net lekker gekuier het!
Boeta het dit ook geniet om alles te sien wat ek vir hom gewys het...hy het sommer uit sy magie gelag!!



12 January 2009

Ons Shipping het gekom!

Hier is dit nou! Uiteindelik is al ons goedjies onder een dak.... Ruben was so opgewonde oor die tafeltjie en stoeltjies hy het sommer gebid en dankie gese vir al die geskenke...
"Liewe Jesus...dankie vi die tafeltjie en stoeltjies vi Boeta en vi Luben en die ou fietsie en die goeters en vi Mamma en vi Pappa en vi Boeta en vi Luben en Amen."
Al wat ek kon doen is om te se "AMEN!"
Baie dankie aan die familie wat ons gehelp het om alles aan die kant te kry!
Baie dankie vir die ekstra geskenkies so tussen in....