03 January 2009

'n Lekker dag in Raglan

Ons, Annarie, Hilda, Rob, die Fouries en die Maritze is na Raglan toe vir die dag gewees. Die kinders het hulle-self poegaai gespeel op die strand. Ons het ons magies gaan opvul by 'n plekkie in die dorpie. Daarna is ons na bridal falls toe en toe later het ons net gaan koffie drink by Hes-hulle se huis. Sy het toe sommer vir ons Nachos ook gemaak....dankie Hes!!!!
Die seuns was almal so moeg na die lang dag en ek glo hulle het almal sommer baie lekker geslaap na die seelug!



Posted by Picasa

No comments: