15 January 2009

Ons geniet die sonskyn!

Mamma het vandag vir ons 'n sakkie gepak met lekker broodjies en koeldrank in, ek het dit met 'n bersie op my fietsie gelaai. Nou is ons reg vir 'n piekniek! Jacques het op Mamma se rug gery in die rugsak. Ons het na die bowling klub toe gestap waar Mamma my stories vertel het en ons sommer net lekker gekuier het!
Boeta het dit ook geniet om alles te sien wat ek vir hom gewys het...hy het sommer uit sy magie gelag!!



No comments: