29 June 2009

Tandarts toe!

Ruben is vandag vir die eerste keer na die Tandarts toe. Hy was 'n regte sterretjie! Die tannie-Tandarts was baie vriendelik en se sy tande is baie mooi....goed gedoen Boeta!

Posted by Picasa

06 June 2009

Jacques se Verjaardag Partytjie!

Jacques het die dag so geniet, kyk net daardie tandlose bekkie....
Ruben het ook gedink sy boeta se Partytjie was baie lekker want daar was baie maatjies waarmee hy kon speel. Ouboet het gehelp om Boeta se kersie uit te blaas omdat Jacques bietjie skaam was vir al die mense.
Baie dankie aan al ons vriende en familie wat die partytjie in vlees en gees bygewoon het!
Our Family is Truly Blessed!!!


Posted by Picasa

04 June 2009

Jacques word 1!!!

Vroeg die oggend het Jacques sy bottel gekry en ons het almal lekker vir hom gesing! Ruben het dit so geniet om vir sy boeta te sing...
Jacques het bietjie hulp van sy ouboet gekry om al die pragtige geskenkies oop te maak van sy Oumas en Oupas af!
Met elke geskenkie was daar net smiles op sy gesiggie...Baie dankie!!!!
Liewe Jacques, baie geluk seuntjie! Ons kan nie glo jy is al so groot nie. Ons is baie lief vir jou!

Later die dag is ons na Pappa se werk toe vir 'n kuier en het ek die mannetjies gevat vir 'n lekker "Fluffy" by die Tuine. Hulle het dit vreeslik baie geniet


Posted by Picasa

03 June 2009

'n Lekker Kuier by Oom Stefan-hulle!

Oom het vandag by Oom Stefan en Tannie Magriet gaan kuier. Ons het so lekker nagereg daar geeet en die kindertjies is ook lekker bederf met geskenkies.
Tannie Hilda en Tannie Annarie was ook daar en het so lekker saam met hulle gespeel.
Die volgende dag het die mannetjies so lekker met hulle geskenkies gepeel!
Baie dankie Julle!!!



Posted by Picasa

02 June 2009

Ruben se Verjaarsdag!

Ruben is sommer baie vroeg wakker gemaak met 'n lekker stukkie verjaarsdag koek en sy geskenkies. Hy het sy Oumas en Oupas se geskenkies oopgemaak. Dit was baie spesiaal vir hom om te weet dat die geskenke al die pad van SA met die vliegtuig, net vir hom gestuur is.
Hy kon nie sy oe glo oor die guitar wat hy gekry het nie...met 'n sak soos mamma s'n! Hy wou net speel tot hy skooltjie toe gaan.
Ek het vir hom 'n koek skool toe gevat. Hy het dit so geniet dat sy maatjies en sy onderwysers vir hom sing....
Baie geluk ons liewe Ruben. Ons is baie lief vir jou!
Baie dankie aan al die familie en vriende se seen gebede en liefde vir ons Ruben op die spesiale dag!

Posted by Picasa

01 June 2009

My 3de Verjaarsdag Partytjie!

Ons het vandag my 3de Verjaarsdag gevier! Mamma se ek word eers more 3, maar my maatjies het al vandag by my kom kuier
Mamma het vir my 'n Brandweertrok-koek gemaak en Pappa het vir ons elkeen 'n pragtige brandweer trok gebou. Ons het selfs brandblussers gehad waarmee ons die huisies se vure kon blus!
Baie dankie aan al my maatjies wat kom kuier het en vir al my pragtige geskenkies!


Posted by Picasa