04 June 2009

Jacques word 1!!!

Vroeg die oggend het Jacques sy bottel gekry en ons het almal lekker vir hom gesing! Ruben het dit so geniet om vir sy boeta te sing...
Jacques het bietjie hulp van sy ouboet gekry om al die pragtige geskenkies oop te maak van sy Oumas en Oupas af!
Met elke geskenkie was daar net smiles op sy gesiggie...Baie dankie!!!!
Liewe Jacques, baie geluk seuntjie! Ons kan nie glo jy is al so groot nie. Ons is baie lief vir jou!

Later die dag is ons na Pappa se werk toe vir 'n kuier en het ek die mannetjies gevat vir 'n lekker "Fluffy" by die Tuine. Hulle het dit vreeslik baie geniet


Posted by Picasa

No comments: