02 June 2009

Ruben se Verjaarsdag!

Ruben is sommer baie vroeg wakker gemaak met 'n lekker stukkie verjaarsdag koek en sy geskenkies. Hy het sy Oumas en Oupas se geskenkies oopgemaak. Dit was baie spesiaal vir hom om te weet dat die geskenke al die pad van SA met die vliegtuig, net vir hom gestuur is.
Hy kon nie sy oe glo oor die guitar wat hy gekry het nie...met 'n sak soos mamma s'n! Hy wou net speel tot hy skooltjie toe gaan.
Ek het vir hom 'n koek skool toe gevat. Hy het dit so geniet dat sy maatjies en sy onderwysers vir hom sing....
Baie geluk ons liewe Ruben. Ons is baie lief vir jou!
Baie dankie aan al die familie en vriende se seen gebede en liefde vir ons Ruben op die spesiale dag!

Posted by Picasa

No comments: