31 August 2007

Daddy-Time!!!

Ek en Pappa slaap te lekker op die bank. Ek geniet dit so om by hom te le!!!

Posted by Picasa

29 August 2007

My Boks kar!!!

Mamma het vir my 'n karretjie gemaak met die boks maar dit maak toe net so 'n goeie rus plekkie!!!

Posted by Picasa

26 August 2007

Ons kuier by die see!!

Ons is vandag almal Raglan toe vir die dag. Dit was 'n lekker sonnige dag maar die wind het bietjie gepla, so toe het ek my mussie moes dra. Dit was baie lekker!!!



Posted by Picasa

21 August 2007

20 August 2007

Ek lees te lekker!

Ek het so 'n lekker storie gelees vir Mamma. Sy het dit baie geniet en se ek lees baie oulik!!!

Posted by Picasa

19 August 2007

Xander kom kuier!!!

My maatjie Xander, Tannie Zonia en Oom Hanro het vandag vir ons kom kuier. Dit was so lekker. Ek en Xander het so lekker met die bal gespeel en ook lekker geeet!!!
Ek het selfs Pappa se stoel uit probeer!!!
Posted by Picasa

18 August 2007

By Lollipops saam met Pappa...

Ons is vandag weer Lollipops toe! Ek het so lekker gespeel en Pappa was die keer ook saam. Ons is daarna huistoe ek was dood-moeg en het al in die kar aan die slaap geraak!!


Pappa het my uit die kar uit getel en ek het toe verder op sy bors geslaap in die huis.


Ek en mamma het melktert gebak. Ons het vannaand by tannie Magriet en Oom Stefan gaan kuier. Tannies Hilda en Annarie was ook daar en ook Oom Marius! Hulle het vir Dadda 'n ete gehou!!
Dit was baie lekker.


Posted by Picasa

17 August 2007

In Pappa se skoene...

Ek en Dadda is al vroeg op vanoggend. Pappa is my 'Hero'!! Ek hoop ek sal eendag ook so groot en sterk soos hy kan wees...

Posted by Picasa

16 August 2007

Tannie Hilda en Annarie kom kuier!!

Tannie Hilda en Tannie Annarie het vannaand by ons kom kuier. Dit was so lekker om hulle hier te he.
Tannie Annarie het vir my, my bottie gegee voor ek moes gaan slaap.


Posted by Picasa

15 August 2007

Ek pak kaste reg!!

Mamma se ek is so oulik om haar kas vir haar reg te pak!!
En ek geniet dit vreeslik baie!!!

Posted by Picasa

14 August 2007

Pappa Verjaar!!!

My Pappa het vandag verjaar!!! Ek het vir mamma gehelp om vir hom 'n koek te bak!!!
Hier praat ek en hy oor die telefoon....hy maak sulke 'cool' telefoon geluide...

Posted by Picasa

12 August 2007

Ek eet self!!

Ons is vanoggend vroeg op. Pappa het vir ons pap gemaak en ek het dit self met my lepel geeet. Ons het aangetrek vir kerk en in die kar geklim, ons was toe al te laat vir kerk. Kyk net hoe mooi was ek aangetrek!!! Mamma het vergeet om gister vir Tannie Philna te bel toe doen sy dit vandag. Mamma se Tannie Philna stuur vir my baie drukkies en soene!!!
Posted by Picasa

10 August 2007

Ek eet Ravioli!!!

Kyk net hoe lekker, ek eet vir die eerste keer hoender gevulde Ravioli!!! More please mum!!!
Posted by Picasa

09 August 2007

Ouma Nita en Oupa Japie is 23jaar getroud!!!

Vandag is Ouma en Oupa al 32 jaar getroud. Ek het met hulle oor die foon gesels. Hulle het dit baie geniet!!!

05 August 2007

Ons gaan eet by Tannie Magriet hulle!!

Ons het vandag die eerste keer in 'n lang tyd by Tannie Magriet en Oom Stefan gaan kuier.
Ons het so lekker geeet en ek het na ete nie meer my oe kon oop hou nie. Pappa het my oorreed om te gaan slaap want ek wou niks mis nie! Dit was lekker!
Posted by Picasa

04 August 2007

Reynhardt Verjaar!!

Ja, my nefie Reynhardt verjaar vandag!!!Hy is nou ook een!!! Happy B'day!!!!

Pappa bou vir my 'n tonnel!!!

Dit was nou so lekker!!! Pappa en mamma het vir my 'n tonnel met my alfabet blokke gebou. Dit was so lekker om met die blokke te speel!!!!

Posted by Picasa