18 August 2007

By Lollipops saam met Pappa...

Ons is vandag weer Lollipops toe! Ek het so lekker gespeel en Pappa was die keer ook saam. Ons is daarna huistoe ek was dood-moeg en het al in die kar aan die slaap geraak!!


Pappa het my uit die kar uit getel en ek het toe verder op sy bors geslaap in die huis.


Ek en mamma het melktert gebak. Ons het vannaand by tannie Magriet en Oom Stefan gaan kuier. Tannies Hilda en Annarie was ook daar en ook Oom Marius! Hulle het vir Dadda 'n ete gehou!!
Dit was baie lekker.


Posted by Picasa

No comments: